Pous Paulus III

Pous Paulus III
Geboortenaam Alessandro Farnese
Pontifikaat begin 13 Oktober 1534
Pontifikaat eindig 10 November 1549
Voorganger Clemens VII
Opvolger Julius III
Gebore 29 Februarie 1468
Canino, Italië
Sterf 10 November 1549
Rome, Italië
Ander pouse genaamd Paulus

Paulus III was die 220ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk van 1534 tot 1549. Hy het pouslike troon bestyg in die era na die plundering van Rome in 1527 en die begin van die Reformasie. Tydens sy bewind begin die Kontrareformasie met die stigting van nuwe ordes soos die Jesuïete. Hy roep die Konsilie van Trente byeen in 1545. Hy was 'n beskermheer van die kunste en het veral nepotisme gebruik om sy mag en die van sy familie uit te brei.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search